Water tekort kan miljarde se belegging kelder

Die beplande ekonomiese belegging in Verre Noord-Transvaal wat deur Sjina onderneem word, kan moontlik in die slag bly weens ’n ernstige tekort aan water.

Di projek wat glo R150 miljard sal beloop, sal vir duisende werksgeleenthede sorg, maar kan dalk uitgestel word weens ’n ernstige tekort aan voldoende hoeveelheid water.

Die gebied waar die projek in die geïdentifiseerde sone is, benodig ’n totaal van 123 miljoen kubieke meter water per jaar vir die Masina gebied.

Mynbou bedrywighede, tesame met die oprigting van ’n kragsentrale, verskeie landbou gewas aanplantings, en ’n silicon aanleg vorm deel van die projek wat voorsiening maak vir nagenoeg 21,000 werksgeleenthede.

Kenners reken egter dat die projek slegs volhoubaar kan wees as daar betyds voorsiening gemaak word met opgaardamme vir genoeg water.