Walter Sisulu Universiteit kampus gesluit

Die duiwel het klaarblyklik losgebreek by die Butterworth kampus van die Walter Sisulu Universiteit.

Studente het gebots met veiligheidspersoneel en polisie wat daartoe gelei  het dat die kampus vir ’n onbepaald tyd gesluit is.

Honderde studente is sonder heenkome en sal seker moet terugkeer na hul ouers se wonings.

’n Woordvoerder van die Universiteit het glo gesê die student laat die indruk dat hulle nie werklik daar is om kennis op te doen en af te studeer nie, maar eerder om onrus te skep en die kampus onregeerbaar wil maak.