VSA stuur noodvoorraad na Venezuela

Die selfverklaarde president van Venezuela, Juan Guaido, het die aflewering van noodsaaklike lewensmiddele naby die land se grens, verwelkom en gesê dit bring groot verligting vir die mense van sy land.

Hy het ’n span vrywilligers saamgespan om behulpsaam te wees met die voorraad, maar die land se president, Nicolas Maduro, sê dit is slegs hulp van Amerika omdat hulle ’n ander agenda het.

Twee reuse vragvliegtuie van die Amerikaanse Weermag het die afgelope naweek by die grens tussen Columbië en Venezuela geland met tonne noodvoorraad wat nie beskikbaar is in Venezuela nie.

Juan Guaido, wat enkele maande tevore in die openbaar homself as die land se president verklaar het, is besig om met die hulp van ander lande, humanitêre hulp te verleen aan die geteisterde inwoners van Venezuela en bygevoeg dat ’n omvangryke projek op 23 Februarie sal begin.

Die Columbiaanse stad Cucuta wat na aan die grens met Venezuela is, en waar die voorraad afgelaai is, vorm deel van verskeie “versamelpunte” waar noodvoorraad geberg word om aan die inwoners beskikbaar te stel.