VSA onttrek uit Jemen goedgekeur

President Donald Trump kan dalk sy veto-rg gebruik wanneer die Amerikaanse Senaat sou besluit om te onttrek uit Jemen.

Jemen word tans beskou as die land wat weens die voortdurende burgeroorlog die ergste humanitêre krisis beleef.

Die Demokratiese Party, wat beheer het oor die Huis van Afgevaardigdes, het in ’n stemming ten gunste van onttrekking besluit met ’n stemming van 248 teen 177.

Die besluit impliseer dat die VSA sy militêre steun aan Saoedi-Arabië staak in die oorlog geteisterde Jemen.

Slegs 18 Republikeine het ten gunste van die onttrekking gestem, maar die moontlikheid dat President Trump ’n soortgelyke besluit in die Senaat sal veto, is nie uitgesluit nie.