VSA en Sjina wil ooreenkoms bereik

In ’n poging om ’n werkbare handelsooreenkoms te sluit tussen Sjina en die VSA, het president Donald Trump die instel van hoër invoertariewe uitgestel Die president het gesê goeie vordering is gemaak om ’n werkbare ooreenkoms met Sjina te beklink, en omdat meer tyd nodig is om ’n finale ooreenkoms te formuleer, word die gestelde sperdatum verskuif.

Beide lande is in ’n drukgang om toegewings te maak, maar die VSA wil sekerheid kry dat die voordelige handelsbalans wat Sjina elke jaar geniet, reggestel moet word sodat Amerika nie langer met ’n nadelige handelsbalans van miljarde dollar sit nie.

Die twee staatshoofde sal na ’n finale ooreenkoms geformuleer is, in die luukse  Mar-a-Lago club in Florida bymekaarkom, maar dit is onseker of die finale akkoord moontlik is.

Foto – President Donald Trump