VSA en EU in gesprek oor Iran

Die mees senior diplomate van Amerika en die Europese Unie het die afgelope naweek indringende samesprekings gevoer oor die optrede van Iran wat steeds voortgaan met toetse op ballistiese missiele.

Dit volg kort nadat Washington hewige kritiek uitgespreek het oor Europa se klaarblyklike ongeergdheid oor Iran se optrede.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het gesprekke gevoer met die EU diplomaat, Federica Mogherini, te midde van verhoogde spanning nadat president Trump die EU skerp gekritiseer het.

Die diplomate het hoofsaaklik oor die optrede van Iran besin, nadat die land aangekondig het dat hy geen opdrag of afdreiging van enige land sal gehoorsaam nie, en sal voortgaan met die ontwikkeling van ballistiese missiele om die land te beveilig.

President Trump het sy ontevredenheid uitgespreek oor Europa se houding teenoor die optrede van Iran, en kort daarna het die Adjunk-president, Mike Pence, ook die EU en Duitsland beskuldig van ongeergdheid terwyl dit ’n dreigende gevaar inhou vir die ganse wêreld.

Foto – Minister Mike Pompeo