VSA dood talle terroriste in Somalië

Die Amerikaanse Lugmag het “presisie lugaanvalle” uitgevoer op vestigs van die al-Shabab terroriste en minstens 35 gedood.

Die terroriste het onlangs beweer dat hulle verantwoordelik is vir ’n motorbom ontploffing in Mogadishu en is nou opgevolg deur die VSA se teenaanvalle.

’n VSA woordvoerder se die aanval het ’n onderbreking veroorsaak in ’n beplande opvolg aanval deur die terreurgroep wat die VSA se basis as teiken gehad het.

Al-Shabab se hoofdoel is om die regering van Somalië omver te werp en self die land te regeer, maar die tussenkoms van VSA magte is besig om die terroriste se stryd te bemoeilik.

Afrika Unie troepe het die terreurgroep in 2011 uit die Somaliese hoofstad verdryf, maar sukkel om hulle finaal te verslaan.