VSA Adjunkpresident ontmoet Juan Guaido

Die geskiedkundige ontmoeting tussen Adjunkpresident Mike Pence en die selfverklaarde tussentydse president van Venezuela, Juan Guaido, het opspraak gewek regoor die wêreld.

Die Adjunkpresident het gesê die ontmoeting met die jong leier in die Columbiaanse stad Bogota is uiters belangrik omdat verskeie moontlike opsies bespreek is, en militêre ingryping is nie uitgesluit nie.

Hy het aan die media gesê dat verdere sanksies teen die Maduro-regime ingestel word en ook die versekering gegee dat Juan Guaido se aksies ondersteun sal word.

Die Suid-Amerikaanse state het ’n leiersberaad in Columbië gehou om saam met die Amerikaanse Adjunkpresident strategie te bespreek hoe daar van Maduro as regeerder ontslae geraak kan word.

Die Suid-Amerikaanse lande, is lid van die Lima-groep wat eenparig besluit het om nie die regime van Nicolas Maduro langer te erken nie, en bied hulle steun aan die opposisieleier, Juan Guaido, wat ook die voorsitter van die parlement is.

Foto – Adjunkpresident Pence in Columbië