Vryheid: Stormweer saai verwoesting

Dakke het soos veertjies weggewaai, en sommige woonplekke is met die grond gelyk gemaak wat baie mense hulpeloos en sonder heenkome gelaat het.

Die mense van Vryheid het sprakeloos gesien hoe die stormagte weer hulle eiendomme verwoes, en baie motors is beskadig to sinkplate en bakstene daarop neergeval het.

Ongekende windsterkte het bome ontwortel en menige het op geboue beland terwyl dakke weggewaai het om onherkenbaar opgefrommel is.

’n Sakeman is en van baie mense wat groot skade gely het, en hy vertel dat die gesin in die huis se een badkamer moes oornag nadat die huis se hele dak weggewaai het.

Groot dele van Vryheid was sonder krag, en die totale omvang van die skade word op miljoene Rand gestel wat ’n geruime tyd sal neem om te herstel.