Voedsel krisis tref Noord-Korea

In ’n memorandum aan die Verenigde Nasies (VN) meld die kommunistiese regering van Noord-Korea dat die land ’n ernstige voedseltekort ondervind.

In die skrywe word genoem dat die jaar ’n tekort van 1,4 miljoen ton voedsel oplewer weens beweerde hittegolwe en droogte.

In sekere dele is glo oorstroming gewees wat oeste verspoel het, terwyl internasionale sanksies ook ’n geweldige invloed gehad het.

Inwoners van die land is op ’n streng rantsoen en die mense is aangewys op minder as die helfte van hulle daaglikse kosvoorraad.

Die aankondiging kom kort voor die tweede afspraak tussen Kim Jong-Un en President Donald Trump van Amerika moet plaasvind in Vietnam.

Noord-Korea se belangrikste voedsel is aartappels, sojabone rys, maar vanjaar is slegs 5 miljoen ton van die kos geproduseer wat aansienlik minder is as die vorige jaar, toe daar ook ’n tekort ontstaan het.

Die rantsoenering behels ondermeer dat elke inwoner hoogstens 300 gm voedsel kry teenoor die gewone 550 gram.

Rusland het intussen aangekondig dat hy 50,000 ton voedsel na die verhongerdes in Noord-Korea stuur, maar die VN sê dat ’n tekort aan fondse die rede is waarom die land nie gehelp kan word nie.