Vietnam maak gereed vir Kim en Trump

Vietnam, die een-party staat, neem geen risiko nie tref enorme maatreëls om die koms van Kim Jong-Un van Noord-Korea, en President Trump van die VSA te beveilig.

Honderde van Vietnam se beste soldate is reeds ontplooi na die spoorwegstasie waar Kim Jong-Un sal aankom.

Die regering het onderneem om maksimum veiligheid te verseker vir die beplande ontmoeting tussen die kommunistiese leier van Noord-Korea en die Republikeinse president van die Verenigde State van Amerika.

Die reëlings is so streng dat ’n persoonlike assistant van Kim by aankoms in Vietnam onverwyld gedeporteer is na Hong Kong ten einde seker te maak dat geeneen wat nie op die “gastelys” is nie, die land binnekom nie.

’n Ander persoon is vir ure ondervra nadat hy saam met ’n Vietnamse vrou geposeer het vir ’n foto.

Kim Jong-Un het die streng maatreëls verwelkom, in die lig van die feit dat hy verkies het om met ’n spesiale trein na Vietnam te reis in plek van ’n vliegtuig.

Alhoewel President Trump hoop om meer positiewe reaksie van Kim te kry met die beeïndiging van sy kernwapen program, meen kenners die kommunis gaan geen toegewing in die verband maak nie, en sal eerder eis dat die VSA sy streng sanksies verminder.

Die twee leiers ontmoet mekaar op die laaste twee dae van Februarie.