Venezuela se Juan Guaidó beweeg internasionaal

Die selfverklaarde tussentydse president van Venezuela, Juan Guaidó , het die naweek in die Columbiaanse hawestad Bogotá aangekom om met die Suid-Amerikaanse state te vergader.

Die Suid-Amerikaanse state wat ’n struktuur het wat bekend is as die Lima Groep, het vroeër hulle steun aan Juan Guaidó  gegee en president Maduro in kennis gestel dat sy regering nie meer erken word nie.

Juan Guaidó is soos ’n waardige president van Vnezuela ontvang en het Maandag die geleentheid gekry om met die Lima Groep van Suid-Amerikaanse state te vergader.

Die vermoede bestaan dat die Lima lidlande met Juan Guaidó sal beraadslaag oor moonlike optrede om van die diktator Maduro ontslae te raak en om die demokrasie in die land herstel te kry.