Venezuela bedel by niemand

“Ons bedel by niemand” het die president van Venezuela, Nicolas Maduro, in ’n media onderhoud gesê toe hy verwys het na die vragmotors met voedsel en medikasie wat onderweg is na sy land.

Die noodsaaklike lewensmiddele wat tans nie in die land beskikbaar is nie, word dur goedgesinde lande gestuur ter wille van die inwoners wat dit dringend nodig het.

Die voedsel wat wel in Venezuela beskikbaar is, se prys is so hoog weens die inflasiekoers wat oor ’n 1000% is, dat niemand dit kan of wil koop nie.

Die president sê hy sal nie die “vals humanitêre gebare” aanvaar nie en daarom word vragte mediese voorraad en noodsaaklike voedsel skendings geblokkeer om die land binne te gaan.

Groot besendings voedsel en mediese voorraad wat deur die VSA geskenk is op versoek van die leier van die opposisieparty, Juan Guaido, staan op die grens tussen Venezuela en Columbië.

“Ons sal nie die voorraad van die valse humanitêre helpers aanvaar in Venezuela nie, want dit maak van ons hulle bedelaars, wat ons nie is nie?, hat die president gesê terwyl honderde inwoners na die grens beweeg om van die voorraad te bekom.

Foto – President Maduro