Veldwagters gevang

Kruger Nasionale Park sal binnekort sonder veldwagters wees nadat nog twee van die beamptes gearresteer is saam met 10 ander verdagtes vir beweerde wildstroping.

Op 15 Februarie is vier mense gearresteer waaronder ‘n veldwagter.

Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die Nasionale Park het sy misnoeë uitgespreek oor veldwagters en werknemers van die park vir hulle betrokkenheid by onwettigheid en wildstroping.

Kenners wys daarop dat die Nasionale Parke geen pogings aanwend om veldwagters behoorlik te keur nie, en sê die onbetroubaarheid sal voortduur solank keuring nie deeglik gedoen word nie.

Foto – Glenn Phillips