Veertig jaar onskuldig in tronk

’n Man in die Suid-Kaliforniese deelstaat van Amerika, wat veertig jaar tronkstraf uitgedien het, moes nou vrygelaat word nadat sy onskuld bewys is.

Craig Coley is op 710jarige leeftyd onskuldig bevind op die moord van sy vriendin en haar seuntjie van 4 jaar nadat DNA-toetse gedoen is.

Coley het nou $21 miljoen “vergoeding” ontvang vir die onreg wat hom aangedoen is.

In ’n brief aan hom sê die owerheid, alhoewel die 40 jaar as gevangene nie omgedraai kan word nie, probeer hulle om finansieel te vergoed daarvoor.

Rhonda Wicht en haar seun se dood het groot opspraak verwek, en Cowley is deur ’n Amerikaanse hof skuldig bevind in 1978, maar sy regsverteenwoordigers en familie het steeds aan sy onskuld geglo, en uiteindelik is DNA toetse gedoen wat sy onskuld bewys het.

Die DNA toetse het getoon dat die twee mense deur ’n “onbekende persoon” vermoor is, en beslis nie deur Cowley nie.