Veertien in hof oor bedrog

Veertien mense tussen die ouderdom van 24 en 59 gaan in die Durbanse Landdroshof verskyn op aanklag van bedrog met voertuig finansiering.

Bedrog ten bedrae van minstens R15 miljoen is ter sprake en alhoewel daar nie voldoende bewyse bestaan nie, kan van die mense ook aangekla word van grootskaalse korrupsie.

Volgens die polisie se woordvoerder het die persone van werklose mense gebruik gemaak om aansoek te doen vir finansiering wat dan deur ‘n bankamptenaar goedgekeur is.

Minstens 15 voertuie ter waarde van meer as R15 miljoen is gekonfiskeer  en terug besorg aan die Bankiers wat die finansiering gedoen het..