Vaal Universiteit in chaos en korrupsie

Die Minister van Onderwys en owerhede is gevra om bewerings van bedrog , doods dreigemente, korrupsie en nepotisme te ondersoek by die Vaal Universiteit van Tegnologie(VUT).

VUT is tans een van die grootste tegniese opleidings universiteite in die land met 20,000 studente.

Bewerings van konflik tussen hooggeplaaste amptenare is reeds geruime tyd gemaak in pers berigte.

Volgens berigte is die instelling op die rand van ineenstorting weens grootskaalse plundering van finansiële bronne.  Die vorige direkteur van die vise-kanselier, Mpho Diago, het die week bedank te midde van doods dreigemente oor sy beweerde “fluitjie-blasery” rondom korrupsie en wanbestuur.

Foto – Mpho Diago