Trump wil vordering kry met Korea

Die Amerikaanse president, Donald Trump, hoop om goeie vordering te maak tydens die twee dae se samesprekings mt die kommunistiese leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un.

Di twee leiers wat in Vietnam vergader, is die tweede ontmoeting waartydens onderhandel word oor die aftakeling van Noord-Korea se toerusting vir Kernwapen vervaardiging.

In ’n poging om die gesprek te laat vlot, het die twee leiers vooraf ’n lansie vir elk ander gebreek, maar kenners sê dit is diplomasie en geen werklike en goed bedoelde lofredes nie.

Terwyl President Trump sal druk uitoefen om Kim Jong-Un sovêr te kry om sy Kernprogram te staak, net so hard sal die kommunistiese leiers druk toepas om die VSA te laat afsien van sy handelsboikot wat die Noord-Koreane ernstig benadeel.