Stuur die aarde af op vernietiging?

Indien die vrektes onder insekte van die aarde gaan wees soos wat dit die afgelope 25 jaar was, gaan die aarde se insekte binne 30 jaar totaal en al verdwyn.

Geen lewende insekte sal op die aard wees as die insekte doodgaan soos wat die huidige syfers dit aandui nie.

Dit sal meebring dat indien die insekte bevolking uitgewis is, sal die mens se voortbestaan, asook die plante en diere, daarna bedreig word.

Die hele ekosisteem sal bedreig word, en die moontlikheid van ’n totale ineenstorting is nie vêrgesog nie, sê wetenskaplikes.

Die grootste rede waarom die insekte vernietig word, word direk aan die wyse waarop voedsel geproduseer word, gekoppel.

Indien die wereld nie blitsvinnig ’n ommekeer maak in hul benadering van hoe om voedsel te produseer sonder gifstowwe nie, is die ekosisteem in ernstige gevaar.

Die huidige wetenskaplike navorsing is die eerste wat wêreldwyd nagevors is, en sal dringende aandag op internasionale vlak vereis.