Die retoriek rondom ‘n landsburger se reg en/of plig om te stem is tans weer een van die warm besprekings punte tussen ons mense. Die afgesaagde gesegde dat ‘n wegbly stem ‘n stem vir die ANC is word weereens in die gesig van mense gegooi.
Op ‘n vraag waarvoor dan gestem moet word, word baie keuses gemeld waarvan die DA en die ACDP van die alternatiewe is. Uit die DA se manifes vir 2019 kan enige regdenkende persoon aflei dat die DA niks minder as ‘n verlengstuk van die ANC is nie, of te wel “ANC-Light”. Grondhervorming (sien diefstal) word deur die DA bepleit om die “foute van die verlede aan te spreek” maar sal so geskied dat dit vir alle partye ‘n “wen-wen” situasie sal wees. Plaas werkers sal gehelp word om eienaarskap te bekom op die plase waar hul tans bly.
Die ACDP wil toesien dat grondeise afgehandel word EN dat grondhervorming aangespreek word binne die bestaande konstitusionele bepalings. Armoede sal aangespreek word deur verhoogde sosiale bystand. Handel moet uitgebrei word met Afrika lande, die Ooste en Brasilië. Werkers sal gehelp word om aandele te bekom in besighede – hier word dit genoem “economic empowerment”. Wat is dit anders as die ANC se Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Dus is beide die partye vir die massas en teen die minderhede – sien die agtergeblewenes en die Boere Afrikaners. Stem? Nooit, want daardeur onderskryf jy daardie party se manifes en gee jy hom toestemming (Carte Blanche om met jou en jou kinders se toekoms te maak soos hulle goeddunk. (Onbeperkte, diskresionerende mag om te handel.) Sal jy ‘n blanko tjek vir ‘n party gee? Seker nie. Hoekom gee jy hom dan die reg en mag om te maak soos wat hy wil met jou grond, jou plaas, jou besigheid , jou toekoms?
Dr. Sakkie vd Merwe
Nuutste kommentaar