Spanje kry vervroegde verkiesing

Die Sosialistiese Eerste Minister van Spanje staar ’n mosie van wantroue in die gesig as hy nie ’n blits aankondiging doen van ’n vervroegde algemene verkiesing nie.

Hy kan glo die mosie verwag kort voor sy party die begroting bekendmaak, en waarnemers sê die opposisiepartye sit gereed om die begroting af te keur.

Die vermoede bestaan dat premier Sanchez nie ’n keuse gelaat word as om ’n vervroegde verkiesing aan te kondig nie.

Dit volg nadat hy ’n gesprek met die separatiste leiers van Katalonie wou aanknoop, maar is gestuit deur verskillende faktore wat teen hom gewerk het.

Die Sosialiste het tans ’n beraamde steun van sowat 30%, en premier Pedro Sanchez sal volgens politieke ontleders, goeie voetwerk moet doen om weer ’n regering saam te stel na afloop van ’n vervroegde verkiesing.

Tydens gister se parlementêre sitting is die begroting verwerp deur die opposisiepartye, en het die premier ’n dringende kabinetsvergadering belê wat waarskynlik die moontlikheid van ’n vervroegde verkiesing kan beteken.

Foto – Premier Pedro Sanchez