Spanje in vervroegde verkiesing

Die Sosialistiese Spaanse regering het aangekondig dat ’n vervroegde algemene verkiesing op 28 April gehou word.

Die aankondiging volg nadat die minderheidsregering se Eerste Minister,

Pedro Sanchez, onder druk gekom het oor sy beplande gesprkke met die separatiste van die deelstaat Katalonië wat reeds jare lank ’n stryd voer om as onafhanklike staat van Spanje weg te breek.

Die Sosialiste Party regeer kwalik vir agt maande as ’n minderheidsregering na ’n mosie van wantroue wat die vorige premier, Mariano Rajoy, verplig het om handdoek in te gooi.

Die Sosialiste se parlementêre nederlaag het gekom toe die opposisiepartye die regering se begroting verwerp het, en die Eerste Minister ’n dringende kabinetsvergadering gehou het om die krisis te bespreek waarna besluit is om ’n vervroegde verkiesing aan te kondig in die hoop om weer aan bewind te kom.

Foto – Pedro Sanchez