So korrup is die ANC

Die ANC se korrupte optrede het weereens aan die lig gekom met bankstate wat aandui hoeveel geld in die Vrede melkplaas van die Guptas gepomp is.

Die ANC regering van die Vrystaat het klaarblyklik niks minder as R334 miljoen in die projek belê wat toe eindelik ’n totale mislukking is nie.

Ontkennings het van oral oor uit ANC geledere gekom toe die eerste skot klap, maar die bankstate het die teendeel bewys en is gevind dat die reuse bedrag wel in die projek gepomp is.

Vroeër het dit bekend geword dat meer as 300 melkkoeie weggeraak het, en die soektog na hulle het dadels opgelewer.