Snaakse verkiesingskoors in SA

Die verkiesingskoors loop hoog onder sekere politici en kiesers wat byna nie meer kan wag vir die aanbreek van stemdag nie.

Intussen is daar verskeie instansies en meningsvormers wat probeer bepaal wie gaan in watter provinsie die botoon voer, terwyl ander sê al wen wie ook al, niks gaan verander nie.

Die ANC is volgens meningsopnames steeds op pad om die wenner te wees, miskien met ’n aansienlike kleiner meerderheid, en die opposisieparty se wen-koors is so hoog dat hulle meen om ’n paar provinsies in te palm.

Daar bestaan geen twyfel dat die ANC weer die wenner sal wees, en daar bestaan geen twyfel dat die korrupsie op vele vlakke gaan voortduur, en daar bestaan geen twyfel dat die dienslewering van staatsdepartement steeds swakker en swakker sal word.

Die moontlikheid bestaan glo dat die ANC die verkiesing in Gauteng lan verloor, maar of dit enige invloed op die totale regeringsvlak sal meebring, is te betwyfel.

Die tientalle klein onbenullige partye sal maar weer soos in die verlede, niks bereik nie. Slegs die resultaat van De Lille se “Good” gaan met arendsoë gevolg word, en

Die ander partye soos die DA en AFF sal seker probeer om weer koalisies te vorm in ’n poging om die ANC uit die kussings t hou, maar ook dit gaan niks goeds vir Suid-Afrika inhou nie – want verskille is slegs die beklemtoning van een aspek meer as die van ’n ander party.