Senator Rubio besoek Venezuela

Die Republikeinse senator, Marco Rubio, het ’n blits besoek gebring aan die grens by Venezuela nadat twee vragvliegtuie uit die VSA met noodvoorraad lewensmiddele daar aangekom het.

Die Amerikaanse senator sê dit sal ’n “misdaad teen die mense van Venezuela wees” indien die noodvoorraad nie aan die inwoners beskikbaar gestel word nie.

Rubio het die Columbiaanse stad Cucuta besoek wat ruimte gebied het vir die berging van die Amerikaanse noodvoorraad wat teen die einde van Februarie deur die opposisieleier,  Juan Guaido, se vrywillige medewerkers aan inwoners beskikbaar gestel sal word.

Juan Guaido het vroeër aangekondig dat die humanitêre aksie noodsaaklik is omdat die noodsaaklikste lewensmiddele nie meer in die land beskikbaar is nie.

Intussen is verneem dat president Maduro toegang geweier het aan vyf Europese proletariërs wat die land wou besoek op uitnodiging van die opposisieleier, Juan Guaido.

Foto – Senator Marco Rubio