Saoedi stuur vroulike as ambassadeur

Prinses Reema Bint Bandar Al Saud vervang die huidige ambassadeur, die broer van Saoedi-Arabië se kroonprins, wat tand in die VSA diens doen.

Kroonprins Mohammed Bin Salman het die aanstelling bekend gemak as deel van die land se poging om meer toegewings te maak aan vroueregte wat tot onlangs geensins in ag geneem is nie.

Politieke ontleders sê egter die aanstelling is ook ’n manier om weer die verswakte verhouding met Amerika te probeer herstel, en stuur die prinses as ’n senior diplomaat na die VSA waar vroueregte hoog aangeslaan word.

Dit is die eerste vrou wat aangestel word as ambassadeur om Saoedi-Arabië te verteenwoordig op internasionale gebied.

Die broer van die kroonprins, wat tans diens doen as ambassadeur in die VSA, prins Khalid bin Salman Al Saud, keer terug na sy land om later as Adjunkminister van Verdediging in die Midde-Ooste diens te verrig.

Foto – Reema Bint Bandar Al Saud