Russiese en Sjinese spioene wemel in Brussel

Brussel, die hoofsentrum waarin die Europese Unie geleë is, word  besoedel met die teenwoordigheid van Russiese en Sjinese spioene wat Europa bespied.

Europese diplomate is selfs gewaarsku om sekere dele van Brussel te vermy weens die “krioelende netwerk van spioene” in die gebied.

Die Europese Unie se Buitelandse Diens het ook gewaarsku dat honderde spioene van Rusland en Sjina bedrywig is in Brussel.

Die Europese Buite-Aksie Dienste beweer daar is sowat 250 Sjinese en meer as 200 Russiese spioene in die Europese hoofstad wat ’n miernes van spioenasiewerk aan die gang het.

Politieke ontleders sê dit is ’n historiese feit dat daar vir dekades al ’n groot span Russiese spioene in Brussel is, maar die teenwoordigheid van Sjinese is ’n nuut ontdekte feit wat rede tot kommer bied.