Robert McBride vs die ANC

ANC parlementslede het hul steun aan Bheki Cele toegesê in sy stryd teen Robert McBride. Die lede het gevra dat die party teen McBride moet optree omdat hy durf waag om Cele aan te vat vir sy heraanstelling as hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Eenheid.

Skielik is McBride nie meer geskik vir die pos nie,  en stamp hy koppe met Cele.

Die voortdurende stryd wat McBride voer was aanvanklik met die steun van die ANC, maar die skaal het geswaai wat sy verdere poging om weer die pos te beklee, ’n uiters skraal kans bied.

Foto – Robert McBride