Radebe en die brandstofprys

Buiten die voorgestelde heffings op brandstof, soos aangekondig tydens die begrotingsrede,  gaan brandstof eerskomende Woensdag moontlik met 43 sent styg.

Voeg hierby die brandstofheffings wat verhoog met 15 sent op 3 April en die bykomende vyf sent vir die Padongelukke Fonds wat ook op dieselfde datum van krag word.

Dit bring ’n aansienlike verskil teweeg op die totale bedrag en sal motoriste weer ’n verdere trap terug sit.

Die voorgestelde koolstof belasting van sowat 10 sent wat op 5 Junie gehef word, sal ook verreken moet word, veral as in ag geneem word dat die prys van brandstof ook elke maand kan verhoog.

Die owerheid se woordvoerders swyg oor die navorsing wat die Departement van Energie wou doen sedert 2018 om ‘n brandstofprys plafon daar te stel.