Pretoria hooflanddros swyg

Die hooflanddros van Pretoria, Desmond Nair, swyg nou reeds weke lank oor aantygings dat hy voordeel getrek het met beveiliging van sy woonhuis danksy Bosasa.

Die Magistrate Kommissie wat op 22 Februarie vergader het, het besluit om die verdagte landdros geleentheid te gee om te reageer op die bewerings dat hy verbeterings van sowat R200,000 in die vorm van sekuriteit toerusting by sy huis laat aanbring het met Bosasa se “hulp.

’n Bosasa amptenaar, Richard le Roux het getuig voor die Zondo Kommissie, maar die hoof landdros het tot hede nie ’n woord gerep oor die bewering nie.

Foto – Desmond Nair