President Maduro sal nie bedank

Met hewige druk vanuit talle lande, het die president van Venezuela, Nicolas Maduro, weer sterk standpunt ingeneem en dit duidelik gemaak dat hy nie sal bedank nie.

Die president het ook alle vertoë om vervroegde verkiesings te hou, met minagting verwerp, en bygevoeg dat hy nie bang is vir konflik nie.

Die omstrede president Maduro sê sy land se Minister van Buitelandse Sake, Jorge Arreaza, het in New York in die geheim twee gesprekke gevoer met ’n spesiale gesant van die VSA oor Venezuela.

Oor die inhoud van die gesprekke het Maduro niks kwytgeraak nie, behalwe om te meld dat die VSA se gesant Elliott Abrams met sy minister gesprek gevoer het.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse regering het gesê gesprekke is nie gevoer met regeringslui van Venezuela nie, maar is t enige tyd berid tot sulke gesprekke.

Foto – President Nicolas Maduro