Powerball wenner kom vorentoe

Die wenner van die R232 miljoen in die afgelope trekking van Powerball dobbelspel het in Kaapstad na vore gekom om sy miljoene op te eis.

Die wenner se optrede slaan bewerings die nek in dat die dobbel stelsel nie werklike wenners het nie en dat die geld in iemand anders se sakke beland.

Die trekking is die eerste na 24 trekkings waar geen wenner was nie, en die prysgeld word dan al meer tot waar ’n wenner uiteindelik die prysgeld opeis.

Die mens wat betrokke is by die dobbelspel word, volgens kenners, meestal uit die arm mense se geledere gevind wat ’n stille hoop het dat hulle ’n prys sal wen, en duisende mense verarm net verder omdat hulle nooit iets wen nie.

Ontleders sê die kans om ’n prys te wen oor ’n tydperk van 40 jaar, is hoogstens, 0,03%.