Pakistan en Indië slaan mekaar

Die regering van Pakistan het vroeër gesê daar sal op “gepaste wyse” met die optrede van Indië gehandel word wat die lugruim van hulle land geskend en aanvalle uitgevoer het op Pakistanse basisse.

Daardie onderneming het Pakistan nagekom toe die land s Weermag twee vegvliegtuie van Indië neergeskiet het, maar ook daarmee die deur wyer oopgestoot vir ’n volskaalse oorlog.

Die spanning loop al hoër sedert Indië ’n beskuldiging tot Pakistan gerig het dat dit hy is wat met ’n motorbom 40 Indiese soldate gedood het.

’n Woordvoerder van die Pakistanse Weermag het later bevestig dat militêr opgetree is en dat twee van Indie se jet vliegtuie afgeskiet is wat die Pakistan lugruim geskend het.

Mohammad Faisal, woordvoerder van die Pakistanse Buitelandse Sake het bevestig dat die Pakistan Lugmag aanvalle uitgevoer het binne die land se erkende grense en dat die vliegtuie afgeskiet is.

Enkele ure later het Indie aangekondig dat ’n vegvliegtuig van Pakistan neergeskiet en ’n militêre basis gebombardeer is.

Beide land beskik oor Kernwapens, en die Eerste Minister van Pakistan het ’n beroep gedoen op Indië om die aangeleentheid om ’n tafel te hanteer in die lig van die wapens waaroor beide lande beskik.

Vroeër het Amerika ’n beroep op die twee lande gedoen om nie die geskil met wapentuig te probeer oplos nie, maar eerder deur dialoog.