ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Monthly Archives: February 2019

Vaal Universiteit in chaos en korrupsie

Die Minister van Onderwys en owerhede is gevra om bewerings van bedrog , doods dreigemente, korrupsie en nepotisme te ondersoek by die Vaal Universiteit van Tegnologie(VUT). VUT is tans een…

GTS firma se kontrakte gekanselleer

‘n Sekuriteitsmaatskappy, GTS wat deel is van die Bosasa groep,  se kontrakte met die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste is gekanselleer. Dit volg op dieselfde dag wat  die SA…

Eskom en sy vaardighede

Eskom se voorsitter, Jabu Mabuza,  het erken dat die nodige vaardighede ontbreek by die entiteit om beurtkrag probleme aan te spreek. Korrupsie en Staatskaping het volgens Mabuza die entiteit so…

Motor rubriek – Renault Koleos

Dit is ‘n bekende feit dat Renault ‘n betroubare en baie bruikbare voertuig is en hiervan getuig byvoorbeeld die Duster. Daar kan dus met sekerheid aanvaar word dat die nuutste…

Voedsel krisis tref Noord-Korea

In ’n memorandum aan die Verenigde Nasies (VN) meld die kommunistiese regering van Noord-Korea dat die land ’n ernstige voedseltekort ondervind. In die skrywe word genoem dat die jaar ’n…

Koerde lewer terroriste uit aan Irak

Die Koerdiese vegters in Sirië het sowat 150 verdagtes wat as stryders van die Islamitiese Staat beskou word, aan die owerheid in Irak uitgelewer. Die grootste aantal van die terroriste…

Duitsland ekonomie toon reuse oorskot

Die kragtige ekonomie van Duitsland is weereens bevestig met die afgelope boekjaar se totale surplus van €58 miljard op die begroting. Die oorskot is gerealiseer op Federe, sowel as op…

Breekpunt tussen Indië en Pakistan

Die spanning tussen Indie en Pakistan het byna breekpunt bereik, en gevaarligte flikker nadat ’n aanval uitgevoer is op ’n Indiese militêre basis. Die Eerste Minister in Pakistan het sy…

Venezuela sluit grens met Brasilië

Te midde van die haglike omstandighede waarin menige inwoners van Venezuela verkeer weens ’n tekort aan voedsel en ander lewensmiddele, het die Maduro-regering die grens met Brasilië ook gesluit. Dit…

Japanse ruimtetuig land op asteroïed

’n Ruimtetuig van Japan het suksesvol op ’n asteroïed geland wat sowat 340 kilometer van die aarde is. Die ruimtetuig sal glo materiaal van die asteroïed versamel wat moontlik kan…

Duitsland ontwikkel borskanker bloedtoets

Borskanker laat meer vroue sterf as enige ander kanker, en dokters in Duitsland het nou ’n nuwe bloedtoets ontwikkel wat meer akkuraat is om vas te stel of die pasiënt…

Majubafees vanjaar in Maart

Die gewilde byeenkoms op Majuba om die oorwinning van die Boeremagte te herdenk, sal vanjaar oor ’n tyd van drie dae strek. Die Fees wat jaarliks aangebied word, is vanjaar…

Grond is politieke stemwerwer

Die Departement van Openbare Werke sê ’n proses van “vinnige opvolging” word beplan om grond vinnig beskikbaar te stel om momentum te gee aan die grondgryp program. Die staat beskik…

Numsa eis Gordhan se kop

Die vakverbond Numsa  het geëis dat die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, afgedank word weens die buitengewone hoë eskalasie koste by die Nedupi en Kusile kragstasies. Die oprigting koste…

Parlementslid Matshela Koko uitgekryt

Zukiswa Rantho, wat die parlementêre ondersoek rondom Evkom se probleme gelei het, het die vorige baas van Eskom, Matshelo Koko, in die parlement uitgemaak as ‘n “dienaar” van die Gupta’s….

OB gaan Mboweni verkla

Die nuwe Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het in ‘n verklaring gesê dat sy Tito Mboweni gaan rapporteer by Cyril Ramaphosa. Die OB se die speaker van die parlement sal ook…

Begroting nie onoortuigend sê TLU

TLU SA het kennis geneem van die poging van die Minister van Finansies, Tito Mboweni om ‘n gees van omdraai te projekteer.  Die dilemma is dat daar nog nie ‘n…

SA dobbelhuis dalk korrup

Suid-Afrika se mense is glo moeg om deel te neem aan die sogenaamde “Power Ball” dobbelspel wat na bewering net ’n geldmaak skema is. Die dobbelhuis het aangekondig dat ’n…

Mboweni se verkiesings-begroting

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het waarskynlik daarin geslaag om die ANC se tradisionele magsbasis te versterk met sy “aangename” begroting om stemme te werf vir die verkiesing. Sy…

VSA luitenant wou alle mense uitwis

Amerikaanse veiligheidsbeamptes het ’n Kuswag luitenant in hegtenis geneem wat ’n “swartlys” van mense saamgestel het wat hy geteiken het, waarvan talle prominente politici is. Christopher Paul Hasson het glo…

Die laaste dag van IS terroriste in Sirië

Verwarring, hongerpyne, paniek en radeloosheid was die belangrikste kenmerke in die laaste Siriese vesting van die Islamitiese Staat terroriste toe die finale aanval op hulle uitgevoer is. Die gehawende toestand…

Oostenryk plaas druk op Trump

Die gesprek tussen die Amerikaanse president, Donald Trump en kanselier Sebastian Kurz van Oostenryk was nie heeltyd aangenaam nie. Die Oostenrykse kanselier het groot druk op President Trump gesit met…

Duitse Katolieke kerk handel onwettig

Die hoogste Arbeidshof in Duitsland het die Katolieke Kerk se optrede verkeerd bevind toe die kerk ’n dokter afgedank het nadat hy in ’n skeisaak betrokke was. Die dokter het…

Talle mense ontvang Nazi geld

Lede van die Belgiese parlement het ’n beroep gedoen op die land se regering om ’n einde te bring aan die betalings aan pensioenarisse wat saamwerk met Nazi ondersteuners tydens…

EU ontevrede met Hongare se Soros plakkaat

Die hoof van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker het die Eerste Minister van Hongarye en sy politieke party veroordeel vir die plakkaat wat oral in die land verskyn as verkiesingspropaganda….

Venezuela sluit grense vir noodhulp

Die Weermag in Venezuela maak gereed om die land se grense sterker te beman om die moontlikheid van “indringing met noodvoorraad lewensmiddele” te verhoed. Die Weermag soldate bly getrou aan…

So raak die begroting ons

Met die begrotingsrede is motoriste aangeslaan met 29 sent en 30 sent vir petrol en diesel respektiewelik. Rokers betaal R1.14 meer vir 20 sigarette, bier drinkers moet Ro-12 meer betaal. …

Nuusflitse

Brande in Franschhoek buite beheer Die brande in die Franschhoek pas is steeds buite beheer ten spyte van die deurlopende pogings van brand-bestryders. Die onbegaanbare terrein bemoeilik die bestryders se…

Staats entiteite onder kuratorskap

Tito Mboweni het aangekondig dat die regering effektiewelik staatsentiteite  onder administrasie gaan plaas sodra hulle vir lenings waarborge aansoek doen. Sperdatums van waarborge gaan ook streng toegepas word.  Staatslening aan…

Mboweni bewillig R30 miljard vir skole

Die Minister van Finansies het in sy begrotingsrede R30 miljard bewillig vir die bou van nuwe skole, waarvan R2,8 miljard aangewend moet word vir die vervanging van die put toilette…

Mboweni laat SA regop sit

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het gister in sy begrotingsrede gesê Suid-Afrika spandeer R243 miljard per jaar meer as wat sy inkomste is. Finansiële ontleders sê dit beteken dat…

Taxi laat 48 saamry

’n Toyota Quantum minibus het waarskynlik ’n nuwe rekord opgestel toe die bestuurder toegelaat het dat die 16-sitplek voertuig 48 mense opgelaai het. Die 26-jarige taxi bestuurder is kort daarna…

Vreemde besluit oor Gupta onderneming

’n Aansoek om die Gupta onderneming, Oakbay Investmnts, te likwideer, is ingedien deur ’n suster maatskappy, Tegeta Exploration & Resources, wat ook del van die Guptas se ondernemings is. Tegeta…

Nege Moslems tereggestel in Egipte

Bewerings word gemaak van ’n sogenaamde regse groep wat sê van die nege persone wat aangekla is dat hulle Moslem “brotherhood” verbintenisse het, nie eers die geleentheid gehad het om…

Poetin waarsku Amerika oor missiele

President Vladimir Poetin van Rusland het Woensdag tydens sy Staatsrede die VSA daarvan beskuldig dat hulle uit die Internasionale Kernwapen Forum getree het en daarom sal Rusland die land teiken…

Brexit: Konserwatiewe parlementslede loop

Nadat agt parlementslede van die Arbeidersparty in Brittanje weggebreek het en ’n nuwe “Onafhanklike Groep” gestig het, het die stof nog nie gaan le nie. Die ernstige verdeeldheid in die…

Britte: Nog ’n Arbeidersparty lid bedank

Die agste parlementslid van die Arbeidersparty het ook die party verlaat uit verset teen die swak leierskap van Jeremy Corbyn. Dit volg nadat sewe parlementslede die vorige dag hulle bedanking…

Demokraat Sanders weer kandidaat

Die Sosialisties gesinde Demokraat van Amerika, wat die stryd teen Hillary Clinton verloor het in die vorige presidentsverkiesing het aangekondig dat hy weer as presidentskandidaat staan vir die volgende verkiesing….

Stormweer bring groot skade in Australië

Die swaar reën neerslae wat Australië getref het, het nie net gelei tot ongekende skade in die landbou nie, maar ook verwoesting gesaai. Binne een dag van 24 uur het…

Filippyne sterf weens masel epidemie

Filippyne se sterftes weens ’n masel epidemie toon ’n drastiese styging, en meer entstof moes ingevoer word ter bestryding van die siekte. In die afgelope ses weke het sowat 140…

Hou Bosasa se bankrekenings oop

Die ANC  leiers gaan die bankiers, Eerste Nasionale Bank en Absa nadar met die versoek om die Bosasa rekeninge oop te hou. Die ANC sê dit sal meebring dat duisende…

Die Skepping is nog groter

Wetenskaplikes het “teruggekeer” na die aarde met die jongste ontdekkings wat gemaak is in die ruimte met toerusting wat besonder kragtig is. Die hemelruim is baie, baie groter as wat…

Nuusflitse

Seekoei stop verkeer ’n Seekoei wat onskuldig die groen weiveld naby Richardsbaai wou geniet, het motoriste paniekbevange gehad toe die dier doodluiters in die pad gestaan het om sy maaltyd…

Geskors, heringestel, weer geskors

Die ANC het besluit om beide die provinsiale uitvoerende komitee sowel as die provinsiale taak span van Noord-Wes provinsie te ontbind. Dit volg nadat Supra Mahumapelo se aansoek in die…

Lesings opgeskort by Durban

Al vyf kampusse van die Durbanse Universiteit van Tegnologie se akademiese programme is “tydelik” opgeskort weens voortslepende studente protes. Meningsvormers reken dit raak tyd dat die regering hoër opvoedkundige instellings…

Tronke sonder kos

Korrektiewe Dienste is inderhaas besig met noodplanne om die meer as 20 tronke in die land se voedsel voorsiening te verseker. Dit volg nadat Bosasa onder vrywillige likwidasie gaan wat…

Zuma, jou blikskottel!

Die hoof ekonoom van Nedbank, Dennis Dykes, sê die Zuma bewind het Suid-Afrika R470 miljard gekos. Dennis Dykes sê hulle het ’n deeglike berekening gedoen wat Suid-Afrika se verlies is…

Brexit laat Honda sluit

Die Japanese motorvervaardiger Honda het aangekondig dat hy in 2021 sy vervaardigingsaanleg in Brittanje gaan sluit weens die negatiewe uitwrking wat Brexit het op die industrie. Die woordvoerder het bevestig…

VSA waarsku Venezuela Weermag

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n oproep herhaal aan die Weermag van Venezuela, en gesê dit is nodig dat hulle die tussentydse president, Juan Guaido, ondersteun. Trump sê hy…

VSA deelstate begin hofsaak teen noodtoestand

Sowat 16 Amerikaanse Deelstate, wat onder beheer van die Demokratiese Party is, het besluit om ’n gesamentlike geding teen die Republikeinse Trump-administrasie se nasionale noodtoestand te begin. Die begin van…

rolex replicas for sale