Onduidelikheid oor wenner in Senegal

Die onduidelikheid oor wie die verkiesing in die Wes-Afrika staat, Senegal, gewen het, lei tot erge spanning onder die kieserskorps.

In die eerste rondte van die land se presidentsverkiesing het nog geen antwoord oor wie gewen het nie maar die opposisieparty sê ’n tweede rondte sal nodig wees alhoewel onsekerheid bestaan oor die finale uitslag.

’n Ondersteuningsgroep vaan die president het intussen aangekondig dat President Macky Sall weer gekies is en as wenner uit die stryd tree.

Die Verkiesingskommissie het egter gesê daar is nog geen finale uitslag nie maar die Eerste Minister,  Mahammed Boun Abdallah Dionne, het teen middernag beweer dat die president in 13 van die 14 streke met “minstens 57% steun gewen het.

Die amptelike uitslag mot egter deur die Verkiesingskommissie bekendgemaak word voor die spertyd verstreke is op Vrydag 1 Maart.