Onderwyseres steel skape

’n Onderwyseres in die Kroonstad omgewing wat op heterdaad betrap is dat sy boere se skape steel, is egter steeds op vrye voet.

Wat die voorval vererger, is dat sy meer as ’n 100 skape by boere gesteel het, en is sy betrap toe die boere haar voorgesit het en gekonfronteer het.

Die saak is by die polisie aangemeld, maar die hofstukke het “soek” geraak en is later van die rol geskrap.

Na bewering het sy weer begin skape steel, en is die boere nou keelvol vir die moedswilligheid van polisiebeamptes wat nie die saak behoorlik hanteer nie.

Van die boere sê hulle is nou raadop met die polisie en die onderwyseres, en moet kort-kort sien hoe die skaapgetalle afneem.