Olifant laat toeriste paniekerig

’n Gespanne olifant het op die laaste oomblikke weggedraai van ’n vreesbevange groep toeriste se Land Rover.

Die olifant het byna vir groot drama gesorg in die Botswana’s Moremi Nasionale Wildpark to die reuse dier begin het om met sy slurp te vroetel tussen die bagasie op een van die groep se voertuie.

Die olifant het niks gevind wat hom interesseer nie, en die volgende oomblik ’n geweldige harde slag teen die voertuig se deur met sy swaar slurp gestamp.

Die dier was nie beïndruk met die feit dat hy nie toegang tot die binneruim van die Land Rover kon kry nie, en het uit frustrasie, byna daarin geslaag om die voertuig om te keer.

Die beweginglose toeriste in die voertuig is waarskynlik die enigste rede waarom die olifant uiteindelik omgedraai en weggestap het.