Okosa hoof kry 20 jar tronkstraf

Die voorsitter van die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA (Okosa) is skuldig bevind aan bedrog en geldwassery nadat hy R6 miljoen van die Landbank se geld in sy prokureur se rekening oorbetaal het.

Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Die vorige waarnemende hoof van Landbank, Philemom Mohlahlae, is gevonnis tot 7 jaar tronkstraf en prokureur Dinga Rammy Nkwahu tot 24 jaar tronkstraf.

Hulle kan egter appel aanteken en die saak sal seker weer uitgerek word indien die skuldiges die appèlhof sou nader.