Nuusflitse

ANC soek swart eienaarskap in Wes-Kaap

Die ANC in die Wes-Kaap soek ‘n dringende vergadering met die landbou gemeenskap oor die stadige vordering van oordrag na swart eienaars van plase.  Volgens Faiez Jacobs raak gemeenskappe ongeduldig en moet die regering nou intree.

Durban Moskee brand

‘n Moskee in Durban is aan die brand gesteek en ‘n groot deel van die gebou is in die daaropvolgende brand vernietig. Brandstigters het klaarblyklik petrol in die gebou gestort en daarna die plek aan die brand gesteek.

Bloedbad in Durban

‘n Skietery in ‘n woonstelblok naby die Natalse Hoë Hof het gelei tot die dood van 3 persone terwyl ses ander gewond is.  Geen rede vir die skietery is gegee nie