Nuusflitse

Mahumapelo weier ambassadeurspos

In ‘n poging om van Supra Mahumapelo ontslae te raak is hy ‘n ambassadeurs pos, of ‘n LP pos asook sitting op die nasionale Raad van provinsies aangebied.  Al die aanbiedings is van die hand gewys aangesien sy magsbasis in Noord-Wes geleë is.  .

BTW vrygestelde items

Van die belangrikste goedere wat vrygestel gaan word van BTW is : meel, melkpoeier, melk, gedroogde mielies, eiers, groente olie, vrugte, bruinbrood, rys, stampmielies en gedroogde bone.  Mboweni het in sy begrotings toespraak 22 produkte uitgewys waarop daar nie BTW gehef word nie.

Dele van Verwoerdburg sonder krag

‘n Substasie by Brakfontein is deur weerlig getref wat duisende inwoners in die Centurion area sonder krag gelaat het. Thatchfield, The Reeds, Rooihuiskraal, Heuweloord, Amberfield en Wierdapark woongebiede is sedert  Saterdag sonder krag na weerlig twee transformators getref het. Dit is nog nie duidelik wanneer krag herstel gaan word nie.