Nuusflitse

Ramaphosa swyg oor E-Tol

Gauteng ANC het hul teleurstelling uitgespreek oor Ramaphosa se “stilte” rondom die E-Tol sage.  In ‘n ope brief aan die hoofman het Jacob Khawe die probleme rondom E-Tol weereens uitgelig en die president gevra om in te gryp.

Sanpark werker en drie wilddiewe gevang

Vier persone tussen die ouderdom van 23 en 47 is gearresteer in die Kruger nasionale Park.  Renoster horing, ‘n jag geweer em ammunisie is gekonfiskeer.  Een van die verdagtes is in diens van die Parkeraad.

Brandweerstasie met petrol bomme bestook

Vrydagnag is die brandweerstasie in Gugulethu met petrolbomme aangeval. Personeel is ontruim en die stasie gesluit. Ian Schnetler, die brandweerhoof het die aanval as sinneloos beskryf sonder enige provokasie.