Nuusflitse

Italianers moet Eskom red

Die Italiaanse energie firma Enel gaan op versoek van Pravin Gordhan deskundiges stuur om Eskom se probleme op te los.  Die koste verbonde aan die kundiges se dienste kon nie deur die Departement van Openbare Werke verstrek word nie.

Gupta steenkool myn ontploffing

Die Gloria steenkool myn se gas-ontploffing het die lewe van 13 mense geëis.  Vrees bestaan dat nog 20 mense vasgeval is in die skagte maar weens veiligheidsredes is soek-en-reddings operasies tydelik gestaak.

Durban hawe brand

‘n Vissersboot het in die Durbanse hawe aan die brand geraak waarin verskeie mense beseer is en drie bemanningslede vermis word.  Die boot was vir herstelwerk in die droë dok toe die brand ontstaan het.