Numsa eis Gordhan se kop

Die vakverbond Numsa  het geëis dat die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, afgedank word weens die buitengewone hoë eskalasie koste by die Nedupi en Kusile kragstasies.

Die oprigting koste het verdubbel na bykans R292 miljard en beide kragstasies word volgens Gordhan as  “sleg ontwerp en swak opgerig” beskryf.

Vroeër is bevestig dat die twee kragstasies nie voldoen aan die vereistes nie, en miljarde Rand sal aangewend moet word om die foute rg te stel.