Motor rubriek – Mercedes-AMG G63

Die Mercedes Benz Geladenwagen was van dag een af ‘n sukses en dag een was in 1979. Sedert die bekendstelling daardie jaar is dit ‘n gesogte voertuig.

Wanneer dit die eerste keer opgemerk word is dit maar net nog ‘n voertuig maar wanneer dit van naby beskou word kom ‘n mens onder die diepe indruk dat hierdie net sommer nog ‘n voertuig is. Die vierkantige bakwerk met die skarniere vir die deure wat sigbaar is, skep die indruk dat dit robuust is maar tog elegant want hierdie voertuig kan gebruik word na ‘n dinee of op die mees ruwe terrein of moeder kan dit gebruik om die kleingoed skool toe te neem – wanneer dit dan nog boonop die AMG verwerkte produk is, dan is dit nog meer bruikbaar. Die enjinkap is uitgebou om die kragbron en al die ander toerusting te huisves.

Die eerste indruk wat ‘n mens kry van die heel nuutste voertuig is dat dit ooreenstem met die oorspronklike voertuig, dit is egter nie die geval nie. Dit is 121 mm breër, 53 mm langer en is 170 kg ligter. Met die dat dit breër is, is daar meer plek binne in en kan die insittendes ‘n gemakliker sit posisie inneem. Kop ruimte is nie ‘n probleem nie en die plat onderste gedeelte van die stuurwiel sorg dat die bestuurder makliker in die voertuig kan inklim.Op die stuurwiel self is skakelaars gemonteer wat die binne toerusting mee beheer kan word en die aanraakskerm is in die middel van die instrument paneel gemonteer en binne maklike bereikbare afstand. Op verskeie plekke is daar luguitlate gepas wat sorg dat die lugversorger se koue lug deur die hele kajuit versprei word. Die instrumente is regvoor die bestuurder gemonteer en is duidelik leesbaar deur die boonste gedeelte van die stuurwiel.

Die Burmester klankstelsel met die onderskeie luidsprekers sorg dat klank deur die hele kajuit versprei word. Op die armstutte is die skakelaars gemonteer waarme die vensters beheer word en aan die linkerkant, reg voor die passasiers sitplek is vashou plek gemonteer waaraan daar vasgehou kan word wanneer die rit op ruwe terrein so effe rof raak.

Die bagasieruimte is ‘n handige 368 liter en kan ‘n goeie hoeveelheid bagasie neem. Om by die bagasieruimte te kom van buite af word die agterste deur oopgemaak en die skarniere is aan die linkerkant gemonteer. Die noodwiel is teen die agter deur gemonteer en ‘n vlekvrye staal skerm beskerm die band teen die ultra violet strale van die son.

Van die kant af sien jy die swart geverfde allooi wielnawe met ‘n dun rooi strepie op die buitekant en plastiek skerms bokant die wielboë tesame met sykant trap om die voertuig mee binne te gaan. Die uitlaatpype kom langs die kant van die voertuig uit en wanneer die enjin aangeskakel word is die V8 klanke musiek op die oor.

Aan die voorkant van die voertuig is die eerste wat opgemerk word die bekende drie ster embleem van Mercedes wat op die sierrooster gemonteer is en twee enkel hoofligte. Onder die sierrooster is die luginlate wat deel vorm van die voorste stamper. Die voorste venster soos die vorige modelle is plat maar lê verder oor na agter.

Die “hart” van hierdie voertuig is die V8 kragbron en wat ‘n plesier om daarna te luister wanneer dit aangeskakel word – ‘n mens kry eintlik hoendervleis. Die 4,0 liter enjin met twee turbo’s wat in die V gemonteer is sorg dat dinge gebeur. Silinder beheer kan gebruik word vir brandstof besparing en wanneer al die krag nie benodig word nie, kan van die silinders afgeskakel word. Die V8 met dubbel oorhoofse nokaste, vier kleppe per silinder voorsien 430 kW tussen 6000 en 7000 o.p.m. en die wringkrag is 850 Nm wat beskikbaar is tussen 2500 o.p.m. en 3500 o.p.m. ‘n Nege spoed outomatiese ratkas doen die krag oorbrenging na die wiele. Die veerstelsel wat gebruik word verskil van die vorige stelsel in die sin van dat daar nou gebruik gemaak word van ‘n onafhanklike veerstelsel en die drie ewenaar stelsels het elkeen sy eie afsonderlike sluitstelsel om te verseker dat maksimum krag oorbrenging plaasvind.

Hierdie G63 is ‘n voertuig vir die fynproewer en soos voorheen genoem, dit kan in enige situasie aangewend word. So, voornemende kopers vir hierdie tipe voertuig kan dit gerus gaan neem vir ‘n toetsrit by u naaste Mercedes Benz handelaar.