Minister van Justisie en Bosasa

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha,  het erken dat hy in 2016 ‘n naweek deurgebring het in ‘n eiendom wat aan Gavin Watson behoort het.

Tydens die verblyf het Watson hom ontmoet en gemeld dat daar geen koste is vir die verblyf nie aangesien dit aangebied is vir ANC afgevaardigdes na ‘n ANC byeenkoms.

Watson het hom tydens die ontmoeting versoek om tussen beide te tree in ‘n dispuut tussen Bosasa en die Departement van Korrektiewe Dienste.

Hy ontken egter dat hy enige gunste aan Bosasa gebied het.

Foto – Michael Masutha