Man van Doen-dit-self handleidings oorlede

Die publiseerder en voertuig kenner, John Haynes, wat duisende self-doen motor entoesiaste tot diens was, is in die ouderdom van 80 jaar oorlede.

Sedert die jare sestig het hy boeke en handleidings gepubliseer wat duidelike instruksies bied vir motor restourasie, motor herstelwerk, en selfs motor ombouings.

Met sy gawe om verstaanbare instruksies te skryf, wat met duidelike foto’s toegelig word, het hierdie man duisende “doen-dit-self- motor entoesiasme se taak vergemaklik.

Uit sy perseel het meer as 200 miljoen handboeke gegaan wat verkoop is regoor die wêreld, maar nou staan sy versameling van 400 motors in Sparkford in Somerset, in die suidweste van Engeland sonder sy waaksame oog.

Sy motor museum word jaarliks deur meer as 130,000 mense besoek, en sal waarskynlik deur naasbestaandes in stand gehou word.