Kuba bly kommunistiese staat

Die kiesers van die kommunistiese Kuba het die afgelope naweek na die stembus gegaan om te besluit oor wysigings aan die Grondwet.

Die bedoeling met die wysiging in die grondwet is om eiendomsreg aan kiesers toe te staan, maar om die Kommunistiese Party in beheer te hou.

Geloofsgroepe het oor dekades hulle kommer uitgespreek oor eiendomsreg wat nou aandag kry nadat die Castro-broers nie meer aan die stuur van die land is nie.

Die Kubaanse president,  Miguel Diaz-Canel  het sy vertroue uitgespreek dat die nuwe Grondwet in belang van die inwoners is en die 7,5 miljoen kiesers bedank vir hulle betrokkenheid in die verkiesing.

Byna 80% van die kiesers het ten gunste van die nuwe Grondwet gestem.

Foto – President Miguel Diaz-Canel