Kontrakteurs besteel Eskom met miljarde Rand

’n Spesiale Ondersoek Eenheid ondersoek nie minder as elf kontrakteurs wat daarvan verdink word dat hulle die kragvoorsiener met miljarde Rand beroof het.

Die kontrakteurs het Eskom met R130 miljard besteel tydens die oprigting van die twee nuwe kragsentrales, Madupi en Kisile asook die Ingula kragsentrale.

Uit die sogenaamde “binnekringe” word beweer dat Eskom met nagenoeg R500 miljard besteel is sedert 2005, wat deels verklaar waarom Suid-Afrika in ’n finansiële gemors beland het.

’n Woordvoerder beweer dat Eskom besteel is van R170 miljard, waarvan R130 miljard direk verband hou met sogenaamde kontrakteurs wat by die verskillende kragsentrales werksaam was.

Ondersoek word nou gedoen om vas te stel wie die diefstal gepleeg het, en wie binne Eskom saamgewerk het om die diewe te bevoordeel.