Koning stop prinses kandidatuur

Thailand se koning het ’n verbod geplaas op sy suster se voorneme om as kandidaat te registreer om as Eerste Minister verkies te word.

Die Thai Raksa Chart Party sê in ’n verklaring die afgelope naweek dat die kandidatuur vir die amp as Eerste Minister, prinses Ubolratana gekanselleer is.

Die party het die 67-jarige prinses hartlik bedank vir haar bereidheid om as kandidaat na vore te kom, maar erken ook die besluit van die koning om dit te blokkeer.

Die land was diep geskok toe dit bekend geword het dat die prinses as kandidaat beskikbaar is, veral omdat dit die koningshuis kniediep in die partypolitiek dwing, terwyl dit oor dekades verbod was.

Die koning, Maha Vajiralongkorn, het gesê die verbod is noodsaaklik omdat dit ongrondwetlik is dat iemand uit die koningshuis deelneem aan partypolitieke aktiwiteite soos om as kandidaat te staan in ’n verkiesing.

Meningsvormers sê die prinses sou die verkiesing gemaklik kon wen, maar dat die koningshuis by ’n groot deel van die bevolking in omstredenheid sou verval.

Foto – Prinses Ubolratana