Koko en die Guptas

Die voormalige hoof van Eskom, Matshela Koko, het vertroulike dokumente aan die Gupta broers gestuur waardeur hul kon bepaal waar sakegeleenthede bestaan binne die raamwerk van die kragvoorsiener.

Die getuienis is gelewer deur Jabu Mabuza tydens die Staatskaping ondersoek.  Koko het laat in 2018 bedank voordat hy in ‘n dissiplinêre verhoor moes verskyn.

Dit is ook bevind dat hy gelieg het vir die parlement oor betalings aan McKinsey en Trillian asook sy gratis vlugte na Dubai wat klaarblyklik deur die Gupta familie gefinansier is.

Foto – Matshela Koko